Cosave Mica Karnaval

Op 23 September 2017 het Cosave Mica gedoen wat ons die beste doen - en dit was om ons klante te bederf met ‘n heerlike karnaval waar ons letterlik produkte teen die beste pryse weggegee het!

Pieter Koen en Cosave se Andre Pretorius

Pieter Koen en Cosave se Andre Pretorius

Cosave Mica het ‘n goeie verhouding met al sy verskaffers en dit was daarom nie moeilik om hulle ook aan boord te kry nie. Prodist, wat bekend is vir produkte soos Basecamp kampstoele, Coleman koelhouers, braaitange, isoleerband, braaiers en driewielgrassnyers het glad nie geskroom om ons te help om hierdie dag ‘n groot sukses te maak nie! Ander verskaffers soos Matus, Matwell, Ryobi, King Toni, BB Cement, Hallo Today Ligte, Gorilla en Okuma was ook betrokke, om maar net ‘n paar te noem.

Die doel van die dag was om aan ons bestaande klante iets terug te gee en ook nuwe klante by die Cosave Mica familie te verwelkom en ‘n fees van hoogstaande gehalte in ons area aan te bied. Daar was hope stalletjies, kos vir elke smaak en geur en vermaak vir oud en jonk. Pieter Koen was ons gasheer vir die dag en hy het ons ook vermaak met ‘n optrede soos net hy kan. Irene-Louise van Wyk en die groep Saartjie het ook kleur aan die dag verleen.

Posted on 05 April 2018