MENU

KRY DIE POLTEK MASSA-KUIKENVOERDER VAN PRODIST

DIE HOENDERBEDRYF IS WEER IN DIE NUUS MET BETREKKING TOT DIE UITDAGINGS VAN STORTING.  DIT RAAK TOENEMEND BELANGRIK VIR ONS PLAASLIKE HOENDERBEDRYF OM VAS TE TRAP EN GOED TE PRESTEER, ONGEAG INVOERE UIT DIE BUITELAND.

Een manier om seker te maak jou hoenders kom nie huis toe nie, maar dat hulle opeindig in die kospotte van ons plaaslike verbruikers, is deur seker te maak dat jou kuikens die beste voerstelsels het om vinnig in vet klein hoendertjies te verander. Die beste manier om dit te doen, is om die Poltek Massa-Kuikenvoerder van Prodist aan te koop.

PLT-620
PLT-620

Hierdie revolusionêre produk het ten doel om jou geld en energie te bespaar wanneer jy jou kuikens voer. Normaalweg gebruik hoenderboere ‘n voerapparaat soos ‘n platvoerbak om hul kuikens te voer.

Die probleme waarmee ‘n boer gekonfronteer word met so ‘n stelsel, is dat ekstensiewe hande-arbeid benodig word en dat baie voer vermors word. Kuikens hou daarvan om in hul kos rond te krap en hulle loop dikwels bo-oor die voer. Dit lei tot ‘n reuse vermorsing van voer wat op die grond val en die kuikens mors op die voer (kontaminasie).

Die Massa-Kuikenvoerder verminder hierdie probleme en in die proses bespaar die boer groot hoeveelhede voer en moeite. Die basis van die Massa-Kuikenvoerder is sorgvuldig ontwerp om groot genoeg te wees vir kuikens om uit te eet, terwyl dit klein genoeg is om te verseker dan kuikens nie daarin kan kom om die voer te kontamineer nie.

Dit het ook ‘n ingeboude rand wat voorkom dat voer op die grond val, wat weer voervermorsing teenwerk. Die Massa-Kuikenvoerder het ‘n drakapasiteit van 5 kg groeimeel, wat meer as dubbeld die drakapasiteit van ‘n platvoerbak of soortgelyke voertoerusting is. Dit beteken minder tyd in die hoenderhuis, ‘n skraler kans vir biogesondheidsgevare en minder moeite vir die boer. Die Massa-Kuikenvoerder kan maklik gemonteer en uitmekaar gehaal word, wat maklike skoonmaak en opberging beteken.

Bestel dit nou van Prodist!