Bestanddele:
- 4.5 kg Beesvleis
- 1 kg Skaapstert Vet (Of Beesvet)
- 5 ml Gemaalde Naeltjies
- 20 g Heel Koljander
- 65 ml Fyn Sout
- 10 ml Vars gemaalde Peper (CN6063055)
- 90 g Crown Skaap derms (Week in warm water indien in sout gehou) (CN3015024T)
Metode:
- Sit die koljander in 'n droë braaipan en skroei oor matige hitte tot lig bruin terwyl aanhoudend geroer word.
- Verwyder en stamp baie fyn.
- Sny die vleis en vet in blokkies en meng deeglik met al die bestanddele.
- Maal die vleis met 'n medium/growwe lem.
- Stop die derms met 'n Claasens Worsstopper (CL3WS210), maar wees versigtig om die wors nie te styf te stop nie.
- Dompel die wors vir 'n paar sekondes in 'n mengsel van 4.5 liter kokende water en 350 ml asyn en hang dit op om droog te word.
- Na 24 uur, druk die wors effens plat sodat enige lugblasies verwyder word (hierdie lugblasies kan muf veroorsaak).
- Laat die wors verder droog word.
Notas:
Aangesien die vleis nie gaargemaak word nie, moenie enige vark produkte gebruik nie.
![]() Vars Gemaalde Peper
|
![]() Crown Skaap derms
|
|
Claasens Worsstopper